Mannetjies Roux [boodskap #19332] |
Tue, 24 November 1998 00:00 |
Inga van Meerbergen-V
Boodskappe: 20 Geregistreer: September 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Kan iemand dalk 'n bietjie uitleg gee oor MANNETJIES ROUX? Wie was hy en
wat van sy DRIE? Ek weet net hy was 'n rugby speler en Laurika Rauch sing
oor hom in haar mooiste liedjie ooit.
Groete uit Vlaanderen.
Inga.vanmeer...@ping.be
|
|
|
Re: Mannetjies Roux [boodskap #19353 is 'n antwoord op boodskap #19332] |
Wed, 25 November 1998 00:00 |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 24 Nov 1998 21:20:27 GMT, "Inga van Meerbergen-Verreet"
wrote:
oor hom in haar mooiste liedjie ooit.[/color]
> Groete uit Vlaanderen.
> Inga.vanmeer...@ping.be >>
Een van die beste senters wat nog rugby vor die Springbokke gespeel
het.
Hy moet nou so 55/60 wees. Hy boer in die Karoo.
|
|
|
Re: Mannetjies Roux [boodskap #19354 is 'n antwoord op boodskap #19332] |
Wed, 25 November 1998 00:00 |
hen...
Boodskappe: 133 Geregistreer: June 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Inga van Meerbergen-Verreet" skryf:
> Kan iemand dalk 'n bietjie uitleg gee oor MANNETJIES ROUX? Wie was hy en
> wat van sy DRIE? Ek weet net hy was 'n rugby speler en Laurika Rauch sing
> oor hom in haar mooiste liedjie ooit.
Inga,
MANNETJIES ROUX is een van die legendes van Springbok rugby. Hy het SA van
1960- 1970 in 27 toetse verteenwoordig, en 6 toetsdrieë gedruk. Die drie
waarna waarskynlik in die liedjie verwys word is een waar hy oor die doellyn
gestrompel-kruip het, met sy broek wat om sy enkels gehang het.
Mannetjies was een van daardie onortodokse genieë wat 'n mens waarskynlik net
eenkeer in 'n leeftyd sien. Op die betoger toer in Brittanje in 69-70 het hy
die ongehoorde gedoen deur 'n betoger wat op die veld gehardloop het onder sy
sitvlak te skop.
Dok Danie Craven, vir jare die doyen van SA rugby, wat Mannetjies 'ontdek'
het, het gesê met hom in jou span kan jy die wêreld aanvat. Vandag is hy 'n
skaapboer by Victoria-Wes, en hy was 'n gas by die geleentheid toe Laurika
haar liedjie bekend gestel het.
Groete
henri Burger
|
|
|