Beloofde briefie aan Inga [boodskap #19251] |
Wed, 18 November 1998 00:00 |
Woestynrot
Boodskappe: 4 Geregistreer: November 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hallo Inga
Ek hoop jou Afrikaans eksamen het goed afgegaan. Miskien sal die proffies
by Unisa meer genadig wees met zoeen Vlaamse meisje as wat jy dink. Dit sal
in elkgeval nie lekker moes wees om dit in Brussels te doen nie. Ek skryf
my Nederlandse toets vandag.
Die Woestynrot
|
|
|
Re: Beloofde briefie aan Inga [boodskap #19252 is 'n antwoord op boodskap #19251] |
Wed, 18 November 1998 00:00 |
Inga van Meerbergen-V
Boodskappe: 20 Geregistreer: September 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hallo Johann,
Ek hoop jy voel darem beter oor jou toets as wat ek gevoel het oor my
Letterkunde vraestel want dit was bliksems moeilik. Maar as my punte dit
toelaat sal ek tog die volgende jaar met die kursus aangaan. Ek is hoeka te
lief vir Afrikaans om my sommer te laat keer hoor.
(Ons het vanaand by die Kaapse restourant gedraai)
Vlaamse groete,
Inga
Woestynrot. wrote in article
...
> Hallo Inga
>
> Ek hoop jou Afrikaans eksamen het goed afgegaan. Miskien sal die proffies
> by Unisa meer genadig wees met zoeen Vlaamse meisje as wat jy dink. Dit sal
> in elkgeval nie lekker moes wees om dit in Brussels te doen nie. Ek skryf
> my Nederlandse toets vandag.
> Die Woestynrot
>
|
|
|