sonskynkind [boodskap #146232] |
Do, 22 Augustus 2024 13:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sonskynkind
Afbreking: son•skyn•kind
Samestelling: sonskyn + kind
Selfstandige naamwoord: sonskynkind
Meervoud: sonskynkinders
Verkleinwoord: sonskynkindjie
Meervoud van verkleining: sonskynkindertjies
Betekenis:
• 'n Gelukkige kind wat vrolik, opgewek en lus is vir die lewe.
Gebruik:
• Hulle het haar beskryf as dierbaar, hardwerkend, bereidwillig, altyd sprankelend en pragtig – 'n regte sonskynkind.
Sinoniem:
• gelukskind
• Sondagskind
Vertaling:
Engels: sunshine child
Nederlands: zonnekind, zondagskind, zonneschijnkind
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|