uitkenbaar [boodskap #146110] |
So, 11 Augustus 2024 10:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uitkenbaar
Afbreking: uit•ken•baar
Samestelling: uitken + -baar
Byvoeglike naamwoord: uitkenbaar
Attributief: uitkenbare
Partitief: uitkenbaars
Betekenis:
• Wat uitgeken/ geëien kan word.
Gebruik:
• Die volwasse manlike boomslang is duidelik uitkenbaar aan sy heldergroen kleur.
Sinoniem:
• herkenbaar
• onderskeibaar
• identifiseerbaar
Antoniem:
• onuitkenbaar
Vertaling:
Engels: recognizable, identifiable
Nederlands: herkenbaar, identificeerbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|