| aangeklaagde [boodskap #146109] |
So., 11 Augustus 2024 10:05 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25771 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aangeklaagde
Afbreking: aan•ge•klaag•de
Selfstandige naamwoord: aangeklaagde
Meervoud: aangeklaagdes
Betekenis:
• 'n Persoon waarteen 'n klag gebring is. Iemand wat van 'n misdryf of oortreding aangekla word.
Gebruik:
• Die aangeklaagde het sommer dadelik skuldig gepleit.
Sinoniem:
• beskuldigde
• gedaagde
• gedagvaarde
• verdediger
Antoniem:
• aanklaer
Hiponiem:
• medeaangeklaagde
Vertaling:
Engels: accused, defendant
Nederlands: aangeklaagde
Byvoeglike naamwoord: aangekla
Attributief: aangeklaagde
Betekenis:
• Wat van iets aangekla word.
Gebruik:
• Die regter het die aangeklaagde man se verskonings as ongeloofwaardig bestempel.
Vertaling:
Engels: accused, charged, indicted
Nederlands: aangeklaagd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|