Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ag nee, Oom Kaspaas.....
Ag nee, Oom Kaspaas..... [boodskap #18672] Wed, 28 October 1998 00:00 na volgende boodskap
Koos[3]  is tans af-lyn  Koos[3]
Boodskappe: 16
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Oom Kaspaas skryf: "Wanneer ek die twak en snobisme en onsin lees wat
sommiges van julle skryf - veral die ou klomp papbroeke wat in die buiteland
sit en pontifikeer"
Ai, my oom.... en is jy nie nou ook maar ewe snobisities as jy jouself so
distansieer van ons hier in die buiteland nie? En is al die blankes in
Suid-Afrika (om nie van sommige ander bevolkingsgroepe te praat nie) nie ook
maar afstammelinge van hulle wat eens te papbroekig was om in hulle eie land
iewers in Europa te bly nie? En toe maar na Afrika getrek het? Want hulle
was mos te papbroekig om swaarkry van watter aard ookal n die gesig te staar
in Europa? En toe die Voortrekkers, wat te papbroekig was om in die Kaap te
bly? En toe maar Transvaal toe, en Vrystaat toe, en Natal toe getrek het? En
later Angola toe? En nog later die res van die wêreld in? Sien, as 'n mens
diegene wat trek begin etikette omhang net omdat hulle getrek het, val die
ou etiketjie naderhand dalk weer terug om jou eie nek. Iemand op die NG
skryf gereeld: Afrika is nie vir sissies nie. Mag ek byvoeg: om te
trek/emigreer is ook nie vir sissies nie. Begin maar by die Franse Hugenote
en dié snare, tot by Piet Retief en die manne, en vra hulle. En kyk dan waar
kom jy uit.

En Oom gaan voort met " - maar ook die bekkiges plaaslik wat oor elke
onderwerp 'n eiertjie wil lê asof hulle al die wysheid in pag het"
Dis juis waaroor die hele beginsel van vryheid van spraak draai: dat jy maar
'n eiertjie oor enige onderwerp mag lê.....

Oom eindig met "- dan word ek skaam vir vandag se geslag Afrikaner."
Hoe dan so, my oom? Moet almal maar stilbly en in hulle hoekie bly sit? En
nie praat sonder Oom se toestemming nie? Net om Oom nie skaam te maak voel
nie?

Henry in Pennsylvania
Om te trek (of te emigreer), is nie vir sissies nie.....
Re: Ag nee, Oom Kaspaas..... [boodskap #18707 is 'n antwoord op boodskap #18672] Thu, 29 October 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Kaspaas  is tans af-lyn  Oom Kaspaas
Boodskappe: 19
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ou Kassie.........het so baie woorde nodig om niks konsekwent kwyt te raak?
Tipies van 'n leë dop.
-----
Hans wrote in message ...
> Ou Kassie,
>
> Jy word eerstens herdoop - Oom Kaspaas (en Nefie) was geliefde karakters.
> (Jou nuwe naam dra die potensiaal van sulke lekker konnotasies........)
>
> Jy en jou argumente !! Al daardie storie van die bobbejaan en genoeg tou
> gehoor ??? Die tekens is reeds daar. Al wat nog moet gebeur, is dat
> iemand die valdeur onder jou moet ooptrek.
>
> Aangesien Angola in hierdie argumente ingekom het, kan Angola nou dalk help
> om jou perspektiewe so bietjie reg te trek : Daardie Afrikaners het 1928/29
> weer getrek - die keer Suidwes toe en dis hulle (en die Duitsers) wat
> hierdie land makgemaak het. Hulle nageslag is vandag NOG hier en neem
> leiding in alle aspekte van die samelewing. Die kern van veral die landbou
> bestaan uit hulle.
>
> Nog meer - ons "Angole" het iets waarop jy maar net jaloers kan wees - sou
> dit binne jou begripsvermoë wees - die SAMEBINDENDE faktor van
> Angolatrekkers te wees. Wens jy kon die groot saamtrek op Swakopmund oor
> die Paasnaweek gesien en beleef het. Hulle het gekom van al die uithoeke
> van die RSA en Namibië. Maar ag, wat sal JY dan van sulke dinge verstaan
> ??? Die volgende saamtrek word reeds beplan vir die jaar 2003 by
> Swartbooisdrif aan die Kunene.
>
> As jy wil weet wat die hel dit met jou argumente oor die huidige Afrikaners
> oorsee te make het, verduidelik ek graag. Ek neig om hulle te sien as
> "Angolatrekkers" - hulle is ook besig om 'n plek êrens mak te maak want die
> meeste van hulle is geseend met spesifieke bekwaamhede wat in groot aanvraag
> is daar oorkant. Jy het mos al gehoor van die profeet in sy eie
> land..............Ek probeer regtig die verduideliking so eenvoudig en
> verstaanbaar moontlik vir jou te maak.
>
> Daar word REEDS Afrikaner(sprekende)-samekomste in die buiteland gereel en
> my voorspelling is dat hulle nageslag, met dieselfde trots wat ek as
> "Angool" het, toekomstige saamtrekke sal organiseer. Miskien na my leeftyd
> maar as spook mag ek dalk meer reisvaardig wees as tans en ek sal dit dan
> bywoon.
>
> Groetnis
> Oom Hans
>
> NS.
> Kon nie verhelp om jou tersluikse verwysinkie na die sielkunde raak te sien
> nie. Is jy darem al beter of sukkel hulle nog om 'n middel vir jou te kry
> ??
>
Re: Ag nee, Oom Kaspaas..... [boodskap #18708 is 'n antwoord op boodskap #18672] Thu, 29 October 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Steve Du Plessis  is tans af-lyn  Steve Du Plessis
Boodskappe: 10
Geregistreer: August 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ai-ja-jai-ja-jai Hans !!!, hoe trap jy dan nou so suutjies op die man se
stert !!
Jy moet onthou, Kaspaas is van voor my tyd so die ou is stokoud, sy verstand
werk nie meer so mooi nie en hy het seker geen idee wat dit kos om jou
vaderland agter te los en van vooraf 'n plekkie oopskop vir jouself en ander
wat jou mag volg. Dit smaak my ou Kaspaas se ruggraad is krom getrek van
die een of ander siekte, en aangesien hy nie meer die dryf van ons
voorvaders
in hom het nie, is hy nou mislik teen oor ander wat die moed en krag het om
sulke
ondekkings reise aan te pak.

Jammer as ek perongeluk op 'n stert trap, maar my oë is op die horison
gerig,
nie op die grond voor my voete nie. In elk geval oom Hans, ek stuur jou 'n
sak
suiker, daai bek kort dit :o)
Hans wrote in message ...
> Ou Kassie,
>
> Jy word eerstens herdoop - Oom Kaspaas (en Nefie) was geliefde karakters.
> (Jou nuwe naam dra die potensiaal van sulke lekker konnotasies........)
>
> Jy en jou argumente !! Al daardie storie van die bobbejaan en genoeg tou
> gehoor ??? Die tekens is reeds daar. Al wat nog moet gebeur, is dat
> iemand die valdeur onder jou moet ooptrek.
>
> Aangesien Angola in hierdie argumente ingekom het, kan Angola nou dalk help
> om jou perspektiewe so bietjie reg te trek : Daardie Afrikaners het 1928/29
> weer getrek - die keer Suidwes toe en dis hulle (en die Duitsers) wat
> hierdie land makgemaak het. Hulle nageslag is vandag NOG hier en neem
> leiding in alle aspekte van die samelewing. Die kern van veral die landbou
> bestaan uit hulle.
>
> Nog meer - ons "Angole" het iets waarop jy maar net jaloers kan wees - sou
> dit binne jou begripsvermoë wees - die SAMEBINDENDE faktor van
> Angolatrekkers te wees. Wens jy kon die groot saamtrek op Swakopmund oor
> die Paasnaweek gesien en beleef het. Hulle het gekom van al die uithoeke
> van die RSA en Namibië. Maar ag, wat sal JY dan van sulke dinge verstaan
> ??? Die volgende saamtrek word reeds beplan vir die jaar 2003 by
> Swartbooisdrif aan die Kunene.
>
> As jy wil weet wat die hel dit met jou argumente oor die huidige Afrikaners
> oorsee te make het, verduidelik ek graag. Ek neig om hulle te sien as
> "Angolatrekkers" - hulle is ook besig om 'n plek êrens mak te maak want die
> meeste van hulle is geseend met spesifieke bekwaamhede wat in groot aanvraag
> is daar oorkant. Jy het mos al gehoor van die profeet in sy eie
> land..............Ek probeer regtig die verduideliking so eenvoudig en
> verstaanbaar moontlik vir jou te maak.
>
> Daar word REEDS Afrikaner(sprekende)-samekomste in die buiteland gereel en
> my voorspelling is dat hulle nageslag, met dieselfde trots wat ek as
> "Angool" het, toekomstige saamtrekke sal organiseer. Miskien na my leeftyd
> maar as spook mag ek dalk meer reisvaardig wees as tans en ek sal dit dan
> bywoon.
>
> Groetnis
> Oom Hans
>
> NS.
> Kon nie verhelp om jou tersluikse verwysinkie na die sielkunde raak te sien
> nie. Is jy darem al beter of sukkel hulle nog om 'n middel vir jou te kry
> ??
>
Re: Ag nee, Oom Kaspaas..... [boodskap #18709 is 'n antwoord op boodskap #18672] Thu, 29 October 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Ou Kassie,

Jy word eerstens herdoop - Oom Kaspaas (en Nefie) was geliefde karakters.
(Jou nuwe naam dra die potensiaal van sulke lekker konnotasies........)

Jy en jou argumente !! Al daardie storie van die bobbejaan en genoeg tou
gehoor ??? Die tekens is reeds daar. Al wat nog moet gebeur, is dat
iemand die valdeur onder jou moet ooptrek.

Aangesien Angola in hierdie argumente ingekom het, kan Angola nou dalk help
om jou perspektiewe so bietjie reg te trek : Daardie Afrikaners het 1928/29
weer getrek - die keer Suidwes toe en dis hulle (en die Duitsers) wat
hierdie land makgemaak het. Hulle nageslag is vandag NOG hier en neem
leiding in alle aspekte van die samelewing. Die kern van veral die landbou
bestaan uit hulle.

Nog meer - ons "Angole" het iets waarop jy maar net jaloers kan wees - sou
dit binne jou begripsvermoë wees - die SAMEBINDENDE faktor van
Angolatrekkers te wees. Wens jy kon die groot saamtrek op Swakopmund oor
die Paasnaweek gesien en beleef het. Hulle het gekom van al die uithoeke
van die RSA en Namibië. Maar ag, wat sal JY dan van sulke dinge verstaan
??? Die volgende saamtrek word reeds beplan vir die jaar 2003 by
Swartbooisdrif aan die Kunene.

As jy wil weet wat die hel dit met jou argumente oor die huidige Afrikaners
oorsee te make het, verduidelik ek graag. Ek neig om hulle te sien as
"Angolatrekkers" - hulle is ook besig om 'n plek êrens mak te maak want die
meeste van hulle is geseend met spesifieke bekwaamhede wat in groot aanvraag
is daar oorkant. Jy het mos al gehoor van die profeet in sy eie
land..............Ek probeer regtig die verduideliking so eenvoudig en
verstaanbaar moontlik vir jou te maak.

Daar word REEDS Afrikaner(sprekende)-samekomste in die buiteland gereel en
my voorspelling is dat hulle nageslag, met dieselfde trots wat ek as
"Angool" het, toekomstige saamtrekke sal organiseer. Miskien na my leeftyd
maar as spook mag ek dalk meer reisvaardig wees as tans en ek sal dit dan
bywoon.

Groetnis
Oom Hans

NS.
Kon nie verhelp om jou tersluikse verwysinkie na die sielkunde raak te sien
nie. Is jy darem al beter of sukkel hulle nog om 'n middel vir jou te kry
??
Re: Ag nee, Oom Kaspaas..... [boodskap #18710 is 'n antwoord op boodskap #18672] Thu, 29 October 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leswin Laubscher  is tans af-lyn  Leswin Laubscher
Boodskappe: 26
Geregistreer: August 1998
Karma: 0
Junior Lid
NuweSAner wrote in message ...
> On Wed, 28 Oct 1998 13:03:41 -0500, "Kwarantyn"
> had the following to say:
>
> Ek gooi 'n klip in die bos:

Daai klip lyk baie na Van Oostrum s'n.
Re: Ag nee, Oom Kaspaas..... [boodskap #18711 is 'n antwoord op boodskap #18672] Thu, 29 October 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: October 1998
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 29 Oct 1998 00:38:07 -0600, "Leswin Laubscher"
had the following to say:

|
|NuweSAner wrote in message ...
|>On Wed, 28 Oct 1998 13:03:41 -0500, "Kwarantyn"
|>had the following to say:
|>
|>Ek gooi 'n klip in die bos:
|
|Daai klip lyk baie na Van Oostrum s'n.
|
|
Ek gooi nie met 'n ander man se klippe nie. Ek hoop nie dit was so
verbaal diareties soos Van OOstrum se skrywes nie.
Groete!
Re: Ag nee, Oom Kaspaas..... [boodskap #18737 is 'n antwoord op boodskap #18672] Fri, 30 October 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[3]  is tans af-lyn  Koos[3]
Boodskappe: 16
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
> Jy moet onthou, Kaspaas is van voor my tyd so die ou is stokoud, sy verstand
> werk nie meer so mooi
Eers moet 'n mens 'n verstand hê.....

> Dit smaak my ou Kaspaas se ruggraat is krom getrek van

Het hy ooit een? Iemand wat so lekker agter skuilname sit en ander slegsê
(vgl sy "hamba wena" en "good riddance" aan my adres gerig), het glo nie
juis te veel ruggraat nie.....

> en aangesien hy nie meer die dryf van ons voorvaders in hom het nie, is hy
nou mislik teen oor ander wat die moed en krag het om sulke ontdekkings
reise aan te pak.

Ja, so gaan dit mos. Die jakkals het mos ook so onder die tros druiwe gesit
en gal braak oor hoe suur dit kwansuis is, omdat hy dit nie kon bykom
nie....
Re: Ag nee, Oom Kaspaas..... [boodskap #18738 is 'n antwoord op boodskap #18672] Fri, 30 October 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: July 2000
Karma: 0
Senior Lid
Leswin Laubscher wrote in message ...
>
> NuweSAner wrote in message ...
>> On Wed, 28 Oct 1998 13:03:41 -0500, "Kwarantyn"
>> had the following to say:
>>
>> Ek gooi 'n klip in die bos:
>
> Daai klip lyk baie na Van Oostrum s'n.

Ja, 'n minder kundige waarnemer (of 'n kwaadwillige een) sou maklik so 'n
fout kon maak.

"Oom Kaspaas" is duidelik 'n inlgeligte persoon wat sy standpunte goed
artikuleer. Maar daar is ook ten minste twee duidelike verskille:

Hy maak soms stellings wat hy nie kan verantwoord nie, en baie van sy
standpunte is ooglopend teenstrydig met die standpunte wat ek konsekwent in
hierdie nuusgroep en elders handhaaf.

Dis heelwat anders as Sizwe en Leswin, byvoorbeeld, twee personas wat
presies dieselfde soort nonsens kwytraak, en daarbenewens presies dieselfde
soort idiosinkratiese taalgebruik (insluitende taal-"foute") het.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Ag nee, Oom Kaspaas..... [boodskap #18783 is 'n antwoord op boodskap #18672] Sun, 01 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
rana  is tans af-lyn  rana
Boodskappe: 25
Geregistreer: December 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article , NuweSAner
writes
> Ek hoop nie dit was so
> verbaal diareties soos Van OOstrum se skrywes nie.
Wanneer gaan julle klomp dan nou ophou om so afbrekend te wees??

Dis regtig nie aangenaam om geduring hierdie oor-en-weer beledigings te
lees nie.

Groete,
Rana
--
rana
Re: Ag nee, Oom Kaspaas..... [boodskap #18784 is 'n antwoord op boodskap #18672] Sun, 01 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
rana  is tans af-lyn  rana
Boodskappe: 25
Geregistreer: December 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article , Steve Du Plessis
writes
> my oë is op die horison
> gerig,
> nie op die grond voor my voete nie.

Steve, en ek sê Ditto!, hierdie gedurige lykskouings :( ... mens kan
leer uit die verlede, ja, maar dan kyk en beur jy tog immers vort, en
bou op die positiewe!

Groete,
Rana

--
rana
Re: Ag nee, Oom Kaspaas..... [boodskap #18814 is 'n antwoord op boodskap #18672] Mon, 02 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: October 1998
Karma: 0
Volle Lid
On Sun, 1 Nov 1998 19:44:56 +0000, rana had
the following to say:

|Dis regtig nie aangenaam om geduring hierdie oor-en-weer beledigings te
|lees nie.

Skuus, nie so bedoel nie, net bedoel ek wil nie te groot verbale
klippe in die bos gooi nie. Toe spring jy daar in die UK uit!
Lekker!

Vertel ons meer van jou verblyf daar - is dit permanent? Wat doen jy?
Wil jy nie dalk 'n voorstel maak oor positiewe besprekings wat ons
hier kan hê nie?
Groete!
Re: Ag nee, Oom Kaspaas..... [boodskap #18870 is 'n antwoord op boodskap #18672] Tue, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: October 1998
Karma: 0
Volle Lid
Op Tue, 03 Nov 1998 13:29:05 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) had de
volgende te sê:

|On Thu, 29 Oct 1998 14:44:00 GMT, midde@in.afrika (NuweSAner) wrote:
|
|Van waar pos jy?
|
|
Wat wil jy maak as jy weet ...?
Groete!
Re: Ag nee, Oom Kaspaas..... [boodskap #18871 is 'n antwoord op boodskap #18672] Tue, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 29 Oct 1998 14:44:00 GMT, midde@in.afrika (NuweSAner) wrote:

Van waar pos jy?
Re: Ag nee, Oom Kaspaas..... [boodskap #18908 is 'n antwoord op boodskap #18672] Wed, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 03 Nov 1998 14:50:40 GMT, midde@in.afrika (NuweSAner) wrote:

volgende te sê:[/color]
>
> |On Thu, 29 Oct 1998 14:44:00 GMT, midde@in.afrika (NuweSAner) wrote:
> |
> |Van waar pos jy?
> |
> |
> Wat wil jy maak as jy weet ...?
> Groete! >>

Dan weet ek waar jy bly. Dis al.
Ek bly in Johannesburg.
Re: Ag nee, Oom Kaspaas..... [boodskap #18909 is 'n antwoord op boodskap #18672] Wed, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: December 1997
Karma: 0
Senior Lid
NuweSAner wrote:
>
> Op Tue, 03 Nov 1998 13:29:05 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) had de
> volgende te sê:
>
> |On Thu, 29 Oct 1998 14:44:00 GMT, midde@in.afrika (NuweSAner) wrote:
> |
> |Van waar pos jy?
> |
> |
> Wat wil jy maak as jy weet ...?
> Groete!

Lui die begrip Twin Cities 'n klokkie?
Re: Ag nee, Oom Kaspaas..... [boodskap #18954 is 'n antwoord op boodskap #18672] Thu, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: August 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 04 Nov 1998 09:50:15 +0200, lou wrote:

|Lui die begrip Twin Cities 'n klokkie?

Lou, nou's jy deurmekaar - dis ek wat in die Twin Cities bly...

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Ag nee, Oom Kaspaas..... [boodskap #18992 is 'n antwoord op boodskap #18672] Fri, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: December 1997
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote:
>
> On Wed, 04 Nov 1998 09:50:15 +0200, lou wrote:
>
> |Lui die begrip Twin Cities 'n klokkie?
>
> Lou, nou's jy deurmekaar - dis ek wat in die Twin Cities bly...
>
> Johan
>

Nee Johan ek dink tog nie so nie. Beide jy en NuweSAer pos van Citilink
af. Dit is tog 'n ISP wat in die Twin Cities bedryf word - Minneappolis
St Paul? Miskien moet jy en NuweSAer bietjie by mekaar uit kom en 'n
tjoppie tan en 'n paar Bud's knak. :D
Vorige onderwerp: SANSA
Volgende onderwerp: Politiek aan beide kante van die grens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 15:03:32 UTC 2024