Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Politiek aan beide kante van die grens
Politiek aan beide kante van die grens [boodskap #18903] Wo, 04 November 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Wel, nou is die Amerikaanse verkiesing oor en
Johan Potgieter daar in Minnesota het die oulikste
goewerneur: Jesse "The Body" Ventura. Van die
Reform Party. Hy het die beste politieke advertensie
gehad wat ek nog ooit op TV gesien het: Callas begin
'n aria sing. 'n Stoeier sit soos die Denker van Rodin
op 'n platform wat in die rondte draai. As sy gesig
voor jou kom, sien jy dis Jesse. Dan knipoog hy vir
jou. Hy sê nie een woord die hele tyd nie. En hy wen
die verkiesing. Hy was vantevore onder andere stoeier,
Navy Seal, talk show host. Vanoggend sê hy hulle kan
hom nou maar Jesse "The Mind" Ventura noem.
Ek het ongelukkig die weddenskap met een van my
seuns verloor - hy sou vir my betaal as Dick Gebhardt
as Speaker sou oorneem, omdat die Demokrate weer in
die Congress die meerderheid het. Hy het, soos 'n klomp
ander mense, geglo dat die Demokrate baie setels sou
verloor. Ek het geglo dat hulle setels sou optel. Nouja,
laaste wat ek gekyk het, het hulle vyf nuwe setels gekry.
En nie minder setels as vantevore in die Senaat gekry
nie. Dit was dus die teenoorgestelde as wat meeste mense
verwag het: die manier waarop die Republikeine 'n coup
d’etat wou loods met die Monica-faktor, het totaal gefaal.
Mense wonder of Knut Gingrich nie nou maar moet trek
nie. En die sogenaamde "Christian Right" was slegte nuus
vir enigiemand wat op hulle hulp staat gemaak het. Dis
duidelik dat die Demokrate so goed gedoen het omdat die
Swart en Hispaniese stemkrag in baie gevalle die deurslag
gegee het. Dit is goed dat daardie bevolkingsgroepe nou
begin sien watter mag hulle in die VSA het. Kort voor lank
sal die Republikeine (tot nou toe die party van wit mans)
met hulle begin flankeer.
Nou is al die opgewondenheid oor. Nou sal ons maar
hier in Kanada terug moet keer na ons eie politiek: hier is
ons skandale nie so interessant soos in die VSA nie. Die
grootste ding waaroor Chretien hier in Kanada in die moeilik-
heid is, is oor "the pepper spray incident." Dis so 'n lang en
gekompliseerde situasie dat ek nou werklik nie lus het om dit
te verduidelik nie. Al wat ek net wil weet: as jy moet kies om
met peper gesproei te word of met 'n baseball bat geslaan te
word wanneer jy jou in die strate te buite gaan, wat sou jy
verkies?

Gloudina Bouwer
Re: Politiek aan beide kante van die grens [boodskap #18938 is 'n antwoord op boodskap #18903] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 4 Nov 1998 22:51:05 GMT, wrote:

| Wel, nou is die Amerikaanse verkiesing oor en
|Johan Potgieter daar in Minnesota het die oulikste
|goewerneur: Jesse "The Body" Ventura. Van die
|Reform Party. Hy het die beste politieke advertensie
|gehad wat ek nog ooit op TV gesien het: Callas begin
|'n aria sing. 'n Stoeier sit soos die Denker van Rodin
|op 'n platform wat in die rondte draai. As sy gesig
|voor jou kom, sien jy dis Jesse. Dan knipoog hy vir
|jou. Hy sê nie een woord die hele tyd nie. En hy wen
|die verkiesing. Hy was vantevore onder andere stoeier,
|Navy Seal, talk show host. Vanoggend sê hy hulle kan
|hom nou maar Jesse "The Mind" Ventura noem.

Hou jy ook van hom? Ek het vir die Republikein geskree, omdat ek baie
van sy persoon hou - Hy is St Paul se burgemeester, maar ek gee glad
nie om dat Ventura dit gemaak het nie! Baie interesante karrakter en
iemand wat my weer bly maak oor die klasloosheid wat hier meer
prominent is as waaraan ek gewoond is.

Ek is net bly die Demokraat het nie ingekom nie - hy is so regte
patriarg wie se familie omtrent 'n klomp goed in die Twin Cities
besit. Amper oral kry jy goed wat na Humphries of sy pa, 'n vorige
fisie-president, vernoem is. Hulle ruik te veel vir my die die soort
politici wat ons tevore in SA gehad het - sulke regte uniegebou manne.

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Politiek aan beide kante van die grens [boodskap #18939 is 'n antwoord op boodskap #18903] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
brya...  is tans af-lyn  brya...
Boodskappe: 52
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
wrote:
> Ek het ongelukkig die weddenskap met een van my
> seuns verloor - hy sou vir my betaal as Dick Gebhardt
> as Speaker sou oorneem, omdat die Demokrate weer in
> die Congress die meerderheid het.

Ek dink in elk geval Newt Gingrich se dae as Speaker is getel. Hy het mos met
'n baie aggressiewe advertensie veldtog spesifiek die president as persoon
aangeval pleks dat hy die sake van belang moes kritiseer. Sy eie Rupublikeinse
partylede het blykbaar nou 'n groot probleem daarmee en wil hom uit die weg
ruim.

> die manier waarop die Republikeine 'n coup
> díetat wou loods met die Monica-faktor, het totaal gefaal.

Ja, jy's heeltemal reg maar dit maak lyk my nie te veel saak nie.
Die Republikeinse Party gaan nou geskiedenis maak deur die eerste keer 3
agtereenvolgende termyne as beherende party in die Kongres te wees.

> Dis
> duidelik dat die Demokrate so goed gedoen het omdat die
> Swart en Hispaniese stemkrag in baie gevalle die deurslag
> gegee het. Dit is goed dat daardie bevolkingsgroepe nou
> begin sien watter mag hulle in die VSA het. Kort voor lank
> sal die Republikeine (tot nou toe die party van wit mans)
> met hulle begin flankeer.

Die swart en Hispaniese stemkrag kom gewoonlik in die "midterms" sterk na
vore. Alhoewel dit natuurlik belangrik is dat hulle hul stem dik maak, sal
ek egter nie die stemkrag as "deurslaggewend" bestempel nie. Die rede is
doodeenvoudig omdat net 37% van die totale bevolking opgedaag het vir die
stemmery!

> Al wat ek net wil weet: as jy moet kies om
> met peper gesproei te word of met 'n baseball bat geslaan te
> word wanneer jy jou in die strate te buite gaan, wat sou jy
> verkies?

Ek wil graag die storie oor Chretien se "pepper spray" hoor. Wat presies het
gebeur en waaroor is almal nou so moeilik?

Bryan

+++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++
Persoonlike blad: http://springbok.cjb.net/
Afr NGroep: http://www.oocities.org/Athens/Troy/2308

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Politiek aan beide kante van die grens [boodskap #18976 is 'n antwoord op boodskap #18903] Vr, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
brya...@my-dejanews.com wrote:
>> Dis
>> duidelik dat die Demokrate so goed gedoen het omdat die
>> Swart en Hispaniese stemkrag in baie gevalle die deurslag
>> gegee het. Dit is goed dat daardie bevolkingsgroepe nou
>> begin sien watter mag hulle in die VSA het. Kort voor lank
>> sal die Republikeine (tot nou toe die party van wit mans)
>> met hulle begin flankeer.
>
> Die swart en Hispaniese stemkrag kom gewoonlik in die "midterms" sterk na
> vore. Alhoewel dit natuurlik belangrik is dat hulle hul stem dik maak, sal
> ek egter nie die stemkrag as "deurslaggewend" bestempel nie. Die rede is
> doodeenvoudig omdat net 37% van die totale bevolking opgedaag het vir die
> stemmery!
>

Doef! Gloudina maak haar naam weereens totie!
Vorige onderwerp: Ag nee, Oom Kaspaas.....
Volgende onderwerp: Re: Statistiek van die kantlyn af
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 21:42:03 MGT 2024