aanspreek [boodskap #145237] |
Mon, 13 May 2024 13:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanspreek
Afbreking: aan•spreek
Samestelling: aan + spreek
Werkwoord: spreek aan, aanspreek
Verlede tyd: het aangespreek
Betekenis:
• Om met iemand te praat.
• Om streng met iemand te raas.
• (informeel) ) Om 'n situasie te hanteer.
Gebruik:
• Staan op aandag as jy die sersant aanspreek.
• Die juffrou het die stout kinders aangespreek.
• Spreek die probleem vroegtydig aan, voordat dit te laat is.
Sinoniem:
• gesels
• praat
• toesnou
• toespreek
• berispe
• betig
• kritiseer
• raas
• reghelp
• skrobbeer
• teregwys
• vermaan
• hanteer
• adresseer
Afgelei:
• aanspreekbaar
• aanspreekvorm
• aanspreeklik
Vertaling:
Engels: to speak, address; to accost; to address
Nederlands: aanspreken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|