weerspreek [boodskap #145029] |
Sat, 13 April 2024 10:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
weerspreek
Afbreking: weer•spreek
Samestelling: weer + spreek
Werkwoord: weerspreek
Verlede tyd: het weerspreek
Betekenis:
• Om 'n ander mening of opinie as iemand anders uit te spreek.
• Om iets as vals of verkeerd te bewys.
Gebruik:
• Die een getuie het die ander getuie weerspreek.
• Sy optrede weerspreek sy woorde.
Sinoniem:
• bestry
• betwis
• konfronteer
• negeer
• ontken
• teengaan
• teenpraat
• teenwerp
• teëspreek
• vaspraat
• verskil
• weerlê
Afgelei:
• weerspreking
Vertaling:
Engels: to refute, contradict, dispute, deny
Nederlands: weerspreken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|