Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dooiemansdeur
dooiemansdeur [boodskap #145028] Sa, 13 April 2024 08:19
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18865
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dooiemansdeur
Afbreking: dooi•e•mans•deur
Samestelling: dooie + man + -s- + deur


Selfstandige naamwoord: dooiemansdeur
Meervoud:

Betekenis:
• Toestand waar niemand tuis is nie.
• Toestand waar niemand luister na wat gesê word nie.

Gebruik:
• As jy ongenooid gaan kuier gaan jy voor dooiemansdeur te staan kom.
• Ons het die munisipaliteit herhaaldelik gevra om die fout reg te stel, maar telkens voor dooimansdeur te staan gekom.

Spreekwoord:
• Hy klop aan dooiemansdeur. [Niemand is tuis nie; iemand tevergeefs om hulp vra.]

Wisselvorm:
• dooimansdeur

Vertaling:
Engels: find nobody at home; nobody listens
Nederlands: voor een dood mans deur; aan dove mans deur kloppen

Nota:
• In betekenis 2 is die woord waarskynlik 'n verbrouing van "dowemansdeur".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gasplaat
Volgende onderwerp: weerspreek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:58:30 MGT 2024