landery [boodskap #144987] |
Mon, 08 April 2024 18:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
landery
Afbreking: lan•de•ry
Selfstandige naamwoord: landery
Meervoud: landerye
Verkleinwoord: landerytjie
Meervoud van verkleining: landerytjies
Betekenis:
• 'n Stuk grond waarop 'n gewas verbou word.
Gebruik:
• Julle het baie saad op die landerye gesaai, maar die oes wat julle ingebring het, was maar klein. [Haggai 1:6]
Sinoniem:
• landbougrond
• ploegland
• saailand
Vertaling:
Engels: farmland
Nederlands: landbouwgrond
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|