ampsgenoot [boodskap #144986] |
Ma, 08 April 2024 17:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ampsgenoot
Afbreking: amps•ge•noot
Samestelling: amp + -s- + genoot
Selfstandige naamwoord: ampsgenoot
Meervoud: ampsgenote
Betekenis:
• Iemand wat dieselfde werk as jy doen, of wat by dieselfde plek as jy werk.
Gebruik:
• Hulle ampsgenote het in hulle eie nedersettings gebly en het hulle telkens sewe dae volgens 'n vaste program kom bystaan. [1 Kronieke 9:25]
Sinoniem:
• eweknie
• kollega
• konfrater
• mede-amptenaar
Vertaling:
Engels: fellow official
Nederlands: ambtsgenoot
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|