toksien [boodskap #144796] |
Mon, 11 March 2024 18:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toksien
Afbreking: tok•sien
Selfstandige naamwoord: toksien, toksine
Meervoud: toksiene, toksines
Betekenis:
• 'n Giftige stof, gewoonlik 'n komplekse organiese verbinding van biologiese oorsprong.
Gebruik:
• Klem-in-die-kaak is 'n nie-aansteeklike siekte wat deur 'n bakteriese toksien veroorsaak word.
Wisselvorm:
• toksine
Sinoniem:
• gifstof
Antoniem:
• antitoksien
Hiponiem:
• aflatoksien
• gliotoksien
• neurotoksien
• sitotoksien
Vertaling:
Engels: toxin
Nederlands: toxine
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|