aftreksel [boodskap #144719] |
Tue, 27 February 2024 06:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aftreksel
Afbreking: af•trek•sel
Samestelling: aftrek + -sel
Selfstandige naamwoord: aftreksel
Meervoud: aftreksels
Verkleinwoord: aftrekseltjie
Meervoud van verkleining: aftrekseltjies
Betekenis:
• 'n Vloeistof waarin stowwe is wat uit iets anders (soos groente of vleis) afgetrek is.
Gebruik:
• 'n Aftreksel van kruie was gewild in die dae toe dokters nog skaars was.
Sinoniem:
• afkooksel
• ekstrak
• elikser
• essens
• infusie
• kondensaat
• sous
• tinktuur
• treksel
Afgelei:
• aftrekselpoeier
Vertaling:
Engels: extract, infusion
Nederlands: aftreksel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|