Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stook
stook [boodskap #144636] Tue, 13 February 2024 11:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
stook
Afbreking: stook


Werkwoord: stook
Verlede tyd: het gestook

Betekenis:
• Om brandstof by 'n vuur te voeg; om groter te laat brand.
• Om 'n alkohol deur distillasie voor te berei.
• (figuurlik) Om aan te hits en onrus te veroorsaak.

Gebruik:
• Die stoker stook die stoomlokomotief met kole.
• Sy het mampoer gestook.
• Ons moenie die vlamme van haat verder stook nie!

Sinoniem:
• distilleer
• aanblaas
• aanhits
• aanwakker
• oprui

Antoniem:
• smoor

Afgelei:
• bestook
• opstook
• stookgat
• stookgraaf
• stookketel
• stookolie
• stookoond
• stookplek
• stookruim
• stookyster
• stookwyn

Vertaling:
Engels: to stoke a fire; to distil; to provoke, stir up
Nederlands: stoken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: terreur
Volgende onderwerp: smoor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 19:19:16 UTC 2024