Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » voorbrand
voorbrand [boodskap #144626] Mon, 12 February 2024 13:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
voorbrand
Afbreking: voor•brand
Samestelling: voor + brand


Selfstandige naamwoord: voorbrand
Meervoud: voorbrande

Betekenis:
• 'n Beheerde brand om te keer dat 'n groter brand uitbrei.
• (figuurlik) 'n Voorsorgmaatreël tref, of vooraf vir iemand opkom.

Gebruik:
• Boere word daaraan herinner om vroegtydig voorbrand teen veldbrande te maak.
• Sal ma asseblief by pa voorbrand maak om ons toe te laat om te gaan visvang?

Sinoniem:
• brandgordel
• brandpad
• brandskerm
• vuurskerm

Afgelei:
• voorbrandmakery
• voorbrandstorie

Vertaling:
Engels: pre-burn, counterfire, fire-break, fire belt
Nederlands: tegenvuur

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: môre-oggend
Volgende onderwerp: akkuraatheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 19:23:01 UTC 2024