outokrasie [boodskap #144622] |
Mon, 12 February 2024 11:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
outokrasie
Afbreking: ou•to•kra•sie
Selfstandige naamwoord: outokrasie
Meervoud: outokrasieë
Betekenis:
• 'n Regeringstelsel waarin een persoon al die mag het en al die besluite self maak, sonder oorleg met ander.
Gebruik:
• Die bekendste vorme van outokrasie is absolute monargie (soos in Saoedi-Arabië) en diktatorskap (soos in Noord-Korea).
Sinoniem:
• alleenheerskappy
• diktatuur
• tirannie
Antoniem:
• demokrasie
Verwant:
• outokraat
• outokraties
Vertaling:
Engels: autocracy
Nederlands: autocratie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|