regspan [boodskap #144621] |
Mon, 12 February 2024 10:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
regspan
Afbreking: reg•span
Samestelling: reg + span
Selfstandige naamwoord: regspan
Meervoud: regspanne
Verkleinwoord: regspannetjie
Meervoud van verkleining: regspannetjies
Betekenis:
• 'n Groep regsgeleerdes wat iemand in 'n hof verteenwoordig.
Gebruik:
• Die Suid-Afrikaanse regspan het 'n dringende mosie by die hof ingedien waarin hy Israel van volksmoord beskuldig.
Vertaling:
Engels: legal team
Nederlands: juridische ploeg
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|