kragman [boodskap #144618] |
Sun, 11 February 2024 16:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kragman
Afbreking: krag•man
Samestelling: krag + man
Selfstandige naamwoord: kragman
Meervoud: kragmanne
Verkleinwoord: kragmannetjie
Meervoud van verkleining: kragmannetjies
Betekenis:
• 'n Man met buitengewone krag.
Gebruik:
• Trompie het 'n advertensie gelees waarin 'n kragman sê dat sy spierboukursus mans help om deur meisies bewonder en vyande gevrees te word.
Sinoniem:
• kragapie
• liggaamsbouer
• spiertier
• sterkman
Vertaling:
Engels: strongman
Nederlands: sterke man
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|