Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » orgie
orgie [boodskap #144567] Sa, 03 Februarie 2024 13:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
orgie
Afbreking: or•gie


Selfstandige naamwoord: orgie
Meervoud: orgieë, orgies

Betekenis:
• 'n Uitspattige fees waar gaste met 'n oorvloed drank en losbandige seks vermaak word.
• Die onbeteuelde of buitensporige oorgawe aan 'n (meestal) verbode aktiwiteit.

Gebruik:
• Ons moes ingryp om te keer dat die onskuldige partytjie nie in 'n orgie ontaard nie.
• Die plaasaanval is as 'n orgie van moord en geweld beskryf.

Sinoniem:
• brassery
• drinkparty
• fuiwery
• swelgparty
• groepseks
• groepswoeps
• seksfees

Vertaling:
Engels: orgy
Nederlands: orgie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: diakrities
Volgende onderwerp: vervaldatum
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 19:01:27 MGT 2024