kortsigtigheid [boodskap #144560] |
Sat, 03 February 2024 09:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kortsigtigheid
Afbreking: kort•sig•tig•heid
Samestelling: kortsigtig + -heid
Selfstandige naamwoord: kortsigtigheid
Meervoud: kortsigtighede
Betekenis:
• Die toestand van kortsigtig wees (meestal figuurlik, om op die kort termyn te fokus en nie aan die gevolge te dink nie).
Gebruik:
• Mense is inherent geneig tot selfsug, kortsigtigheid en die onvermoë om dinge in 'n groter perspektief te sien.
Sinoniem:
• bekrompenheid
• kleingeestigheid
• bysiendheid
• miopie
Vertaling:
Engels: short-sightedness; myopia
Nederlands: kortzichtigheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|