veroweraar [boodskap #144556] |
Fri, 02 February 2024 20:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
veroweraar
Afbreking: ver•o•we•raar
Samestelling: verower + -aar
Selfstandige naamwoord: veroweraar
Meervoud: veroweraars
Verkleinwoord: veroweraartjie
Meervoud van verkleining: veroweraartjies
Betekenis:
• Iemand wat iets verower en in besit neem.
Gebruik:
• Vanweë sy militêre suksesse word Djengis Khan dikwels as die grootste veroweraar van alle tye gereken.
Sinoniem:
• oorweldiger
• oorwinnaar
• triomfeerder
• trotseerder
• wenner
Hiponiem:
• wêreldveroweraar
Vertaling:
Engels: conqueror, victor
Nederlands: veroweraar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|