indiensneming [boodskap #144552] |
Fri, 02 February 2024 09:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
indiensneming
Afbreking: in•diens•ne•ming
Samestelling: in + diens + neem + -ing
Selfstandige naamwoord: indiensneming
Meervoud: indiensnemings
Betekenis:
• Die proses om mense van werk te voorsien; werkers in vakante poste aan te stel.
Gebruik:
• Daar is 'n verbod op die indiensneming van kinders onder 15 jaar.
Sinoniem:
• aanstelling
• aanwerwing
• emplojering
• rekrutering
• werkgeleentheid
Hiponiem:
• herindiensneming
• onderindiensneming
Afgelei:
• indiensnemingspraktyk
• indiensnemingsvoorwaarde
Vertaling:
Engels: employment
Nederlands: indienstneming
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|