toespreek [boodskap #144402] |
Sun, 14 January 2024 10:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toespreek
Afbreking: toe•spreek
Samestelling: toe + spreek
Werkwoord: spreek toe, toespreek
Verlede tyd: het toegespreek
Betekenis:
• Om 'n toespraak te hou; met 'n gehoor praat; 'n verbale boodskap aan 'n groep mense bring.
Gebruik:
• Die president gaan die land vanaand toespreek.
Sinoniem:
• adresseer
Verwant:
• toespraak
Vertaling:
Engels: to address, speak to, accost
Nederlands: toespreken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|