Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » motivering
motivering [boodskap #144326] Wo, 03 Januarie 2024 08:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
motivering
Afbreking: mo•ti•ve•ring
Samestelling: motiveer + -ing


Selfstandige naamwoord: motivering
Meervoud: motiveringe, motiverings
Verkleinwoord: motiverinkie
Meervoud van verkleining: motiverinkies

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van motiveer, om van argumente/ redes te voorsien.

Gebruik:
• Die sielkundige Abraham Maslow het 'n teorie van menslike motivering ontwikkel.

Sinoniem:
• aandrif
• beweegrede
• dryfkrag
• dryfveer
• impetus
• motief
• rasionaal
• stimulasie
• verduideliking

Hiponiem:
• hermotivering
• selfmotivering

Afgelei:
• motiveringsdrang
• motiveringskringloop
• motiveringsteorie
• motiveringsvlak
• motiveringswaarde

Vertaling:
Engels: motivation, justification
Nederlands: motivatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: voltooiing
Volgende onderwerp: afskakeling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 10:24:19 MGT 2024