toonbeeld [boodskap #144301] |
Sun, 31 December 2023 08:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toonbeeld
Afbreking: toon•beeld
Samestelling: toon + beeld
Selfstandige naamwoord: toonbeeld
Meervoud: toonbeelde
Verkleinwoord: toonbeeldjie
Meervoud van verkleining: toonbeeldjies
Betekenis:
• 'n Goeie voorbeeld van iets; die volmaakte model.
Gebruik:
• Sy was die toonbeeld van elegansie en sal baie gemis word.
Sinoniem:
• argetipe
• ideaal
• model
• patroon
• prototipe
• simbool
• standaard
• voorbeeld
Vertaling:
Engels: example, model, paragon
Nederlands: toonbeeld
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|