Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » agent
agent [boodskap #144302] So, 31 Desember 2023 09:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
agent
Afbreking: a•gent


Selfstandige naamwoord: agent
Meervoud: agente
Verkleinwoord: agentjie
Meervoud van verkleining: agentjies

Betekenis:
• Persoon wat namens 'n ander iets doen.
• Iemand wat in die geheim werk, soos 'n spioen, slaper, saboteur, ens.
• (chemie) Enige substans wat 'n reaksie kan uitlok; agens.

Gebruik:
• Stel eerder 'n agent aan as om self jou huis te probeer verkoop.
• James Bond is 'n geheime agent vir die Britse regering met die kodenaam "007".
• Gebruik 'n dehidrerende agent om die water te verwyder.

Sinoniem:
• bemiddelaar
• tussenganger
• tussenpersoon
• verteenwoordiger

Hiponiem:
• alleenagent
• assuransie-agent
• eiendomsagent
• graanagent
• handelsagent
• hoofagent
• huisagent
• lewensversekeringsagent
• reisagent
• skeepsagent
• verkoopagent
• verkoopsagent
• versekeringsagent
• verskepingsagent
• verkiesingsagent
• ontwateringsagent
• oksideringagent
• reduksieagent

Afgelei:
• agentskap

Vertaling:
Engels: agent
Nederlands: agent

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: toonbeeld
Volgende onderwerp: sigaretstompie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 12:41:31 MGT 2024