Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onderbreking
onderbreking [boodskap #144273] Do, 28 Desember 2023 10:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onderbreking
Afbreking: on•der•bre•king
Samestelling: onderbreek + -ing


Selfstandige naamwoord: onderbreking
Meervoud: onderbrekinge, onderbrekings
Verkleinwoord: onderbrekinkie
Meervoud van verkleining: onderbrekinkies

Betekenis:
• 'n Tydelike staking waarna daar weer voortgegaan word.

Gebruik:
• Die vergadering is na die onverwagte onderbreking hervat.

Sinoniem:
• breuk
• intermissie
• ontwrigting
• opskorting
• pouse
• staking
• tussenpose
• uitstel
• verbreking
• vertraging

Hiponiem:
• diensonderbreking
• kragonderbreking
• loopbaanonderbreking
• stroomonderbreking
• wateronderbreking

Afgelei:
• onderbrekingsduur
• onderbrekingsroetine

Vertaling:
Engels: interruption
Nederlands: onderbreking

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: langwerpig
Volgende onderwerp: omhulsel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 08:20:40 MGT 2024