langdradig [boodskap #144261] |
Wed, 27 December 2023 15:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
langdradig
Afbreking: lang•dra•dig
Samestelling: lang + draad + -ig
Byvoeglike naamwoord: langdradig
Vergrotende trap: langdradiger
Oortreffende trap: langdradigste
Attributief: langdradige
Partitief: langdradigs
Betekenis:
• Iets wat lank aanhou, of iemand wat lank praat.
Gebruik:
• Resensente beskryf die rolprent as traag, vervelig en langdradig.
Sinoniem:
• breedvoerig
• draaierig
• ellelank
• langdurig
• langsaam
• omslagtig
• uitgebreid
• uitgerek
• vervelend
• vervelerig
Afgelei:
• langdradigheid
Vertaling:
Engels: tedious, long-winded
Nederlands: langdradig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|