spanleier [boodskap #144250] |
Tue, 26 December 2023 19:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
spanleier
Afbreking: span•lei•er
Samestelling: span + leier
Selfstandige naamwoord: spanleier
Meervoud: spanleiers
Verkleinwoord: spanleiertjie
Meervoud van verkleining: spanleiertjies
Betekenis:
• Iemand wat 'n span mense of osse lei.
Gebruik:
• Elke span het 'n spanleier nodig.
• Spanleiers moet kan kommunikeer, motiveer, bemagtig, koördineer, 'n visie skep, probleme oplos en verhoudings bou.
Sinoniem:
• groepleier
• touleier
Afgelei:
• spanleierskap
Vertaling:
Engels: team leader
Nederlands: teamleider
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|