hulpkreet [boodskap #142850] |
Tue, 08 August 2023 20:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hulpkreet
Afbreking: hulp•kreet
Samestelling: hulp + kreet
Selfstandige naamwoord: hulpkreet
Meervoud: hulpkrete
Verkleinwoord: hulpkreetjie
Meervoud van verkleining: hulpkreetjies
Betekenis:
• 'n Kreet om hulp.
Gebruik:
• Toe die ma haar kind se hulpkreet hoor, het sy alles gelos en nader gehardloop.
Sinoniem:
• angsgil
• hulproep
• noodkreet
• noodroep
Vertaling:
Engels: distress call, cry of distress
Nederlands: hulpkreet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|