memoire [boodskap #142571] |
Fri, 14 July 2023 11:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
memoire
Afbreking: me•moi•re
Selfstandige naamwoord: memoire
Meervoud: memoires
Verkleinwoord: memoiretjie
Meervoud van verkleining: memoiretjies
Betekenis:
• 'n Feitelike geskrif waarin iemand sy/haar belewenisse opgeteken het.
Gebruik:
• 'n Outobiografie vertel die verhaal "van 'n lewe", terwyl 'n memoire die verhaal van 'n sekere tyd of gebeure vertel, soos 'n keerpunt in die skrywer se lewe.
Vertaling:
Engels: memoir
Nederlands: memoire
Nota:
• Van Frans: mémoires, "herinneringe".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|