Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » korrektief
korrektief [boodskap #142572] Vr., 14 Julie 2023 11:25
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26106
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
korrektief
Afbreking: kor•rek•tief
Samestelling: korrek + -tief


Selfstandige naamwoord: korrektief
Meervoud: korrektiewe

Betekenis:
• 'n Handeling wat korrigeer/ regstel.

Gebruik:
• Die geskrif poog om 'n korrektief daar te stel om die probleem die hoof te bied.

Vertaling:
Engels: corrective
Nederlands: correctief


Byvoeglike naamwoord: korrektief
Attributief: korrektiewe

Betekenis:
• Wat iets ongewens korrigeer en regstel.

Gebruik:
• Die volgende korrektiewe maatreëls is van toepassing op leerders wat die skool se gedragskode oortree.

Sinoniem:
• verbeterend
• regstellend
• strafregtelik

Vertaling:
Engels: corrective
Nederlands: correctief

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: memoire
Volgende onderwerp: regsadvies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Aug. 12 19:02:33 UTC 2026