Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » besmetting
besmetting [boodskap #142142] Wo, 14 Junie 2023 18:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20785
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
besmetting
Afbreking: be•smet•ting
Samestelling: besmet + -ing


Selfstandige naamwoord: besmetting
Meervoud: besmettings, besmettinge
Verkleinwoord: besmettinkie
Meervoud van verkleining: besmettinkies

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van besmet. Blootstelling aan 'n siektekiem of radio-aktiewe isotoop.

Gebruik:
• Die huisvlieg dra kieme oor en is 'n groot bron van besmetting.
• Gordelroos kom meestal by ouer mense voor, maar kinders kan dit kry as hulle weerstand teen besmetting laag is.

Sinoniem:
• infeksie
• infestasie
• sepsis
• besoedeling
• kontaminasie
• vervuiling

Hiponiem:
• fungusbesmetting
• kontakbesmetting
• mietbesmetting
• MIV-besmetting
• nawelstringbesmetting
• selfbesmetting
• wingerdbesmetting
• wurmbesmetting

Afgelei:
• besmettingsbron
• besmettingsgevaar
• besmettingsrisiko

Vertaling:
Engels: infection, contagion; contamination
Nederlands: besmetting

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: krieketkolf
Volgende onderwerp: gekonfyt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 01:56:26 MGT 2024