Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » privaat
privaat [boodskap #141863] Wo, 17 Mei 2023 14:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20785
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
privaat
Afbreking: pri•vaat


Selfstandige naamwoord: privaat
Meervoud: private

Betekenis:
• 'n Toilet.

Gebruik:
• Waar is die privaat?

Sinoniem:
• gemakshuisie
• kleinhuisie
• kloset
• latrine
• sekreet
• toilet

Vertaling:
Engels: privy, latrine, water-closet
Nederlands: privaat


Byvoeglike naamwoord: privaat
Vergrotende trap: privater
Oortreffende trap: privaatste
Attributief: private
Partitief: privaats

Betekenis:
• Wat eksklusief of persoonlik is en nie vir die publiek bedoel is nie.

Gebruik:
• Die grond is privaat. Die plaas is in private besit.

Sinoniem:
• afgesonderd
• eksklusief
• geheimsinnig
• klandestien
• konfidensieel
• persoonlik
• vertroulik

Antoniem:
• onprivaat
• publiek

Afgelei:
• privaatbesit
• privaatdosent
• privaateienaarskap
• privaatfonds
• privaatgebruik
• privaatgroep
• privaatheid
• privaatinstansie
• privaatonderneming
• privaatpersoon
• privaatpraktyk
• privaatreg
• privaatsak
• privaatsektor
• privaatskool
• privaatspeurder

Vertaling:
Engels: private, personal
Nederlands: privaat

Nota:
• Verbindings van byvoeglike en selfstandige naamwoorde word meestal los (as twee woorde) geskryf, maar soms vind betekenisverdigting plaas, en word dit een woord.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: privaatspeurder
Volgende onderwerp: kopdoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 03:28:33 MGT 2024