Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » privaat
privaat [boodskap #141863] Wo., 17 Mei 2023 14:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27162
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
privaat
Afbreking: pri•vaat


Selfstandige naamwoord: privaat
Meervoud: private

Betekenis:
• 'n Toilet.

Gebruik:
• Waar is die privaat?

Sinoniem:
• gemakshuisie
• kleinhuisie
• kloset
• latrine
• sekreet
• toilet

Vertaling:
Engels: privy, latrine, water-closet
Nederlands: privaat


Byvoeglike naamwoord: privaat
Vergrotende trap: privater
Oortreffende trap: privaatste
Attributief: privaat, private
Partitief: privaats

Betekenis:
• Wat eksklusief of persoonlik is en nie vir die publiek bedoel is nie.

Gebruik:
• Die grond is privaat. Die plaas is in private besit.

Sinoniem:
• afgesonderd
• eksklusief
• geheimsinnig
• klandestien
• konfidensieel
• persoonlik
• vertroulik

Antoniem:
• onprivaat
• publiek

Afgelei:
• privaatheid
• privaatreg (een woord)
• privaatbankdiens (verouderd, gebruik privaat bankdiens of private bankdiens)
• privaatbesit (verouderd, gebruik privaat besit of private besit)
• privaatdosent (verouderd, gebruik privaat dosent of private dosent)
• privaateienaarskap (verouderd, gebruik privaat eienaarskap of private eienaarskap)
• privaatfonds (verouderd, gebruik privaat fonds of private fonds)
• privaatgebruik (verouderd, gebruik privaat gebruik of private gebruik)
• privaatgroep (verouderd, gebruik privaat groep of private groep)
• privaatinstansie (verouderd, gebruik privaat instansie of private instansie)
• privaatonderneming (verouderd, gebruik privaat onderneming of private onderneming)
• privaatonderrig (verouderd, gebruik privaat onderrig of private onderrig)
• privaatpersoon (verouderd, gebruik privaat persoon of private persoon)
• privaatpraktyk (verouderd, gebruik privaat praktyk of private praktyk)
• privaatsak (verouderd, gebruik privaat sak of private sak)
• privaatsektor (verouderd, gebruik privaat sektor of private sektor)
• privaatskool (verouderd, gebruik privaat skool of private skool)
• privaatspeurder (verouderd, gebruik privaat speurder of private speurder)

Vertaling:
Engels: private, personal
Nederlands: privaat

Nota:
• Verbindings van byvoeglike en selfstandige naamwoorde word meestal los (as twee woorde) geskryf, maar soms vind betekenisverdigting plaas, en word dit een woord.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: privaatspeurder
Volgende onderwerp: kopdoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Nov. 18 10:57:24 UTC 2026