Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kommapunt
kommapunt [boodskap #141198] Ma, 27 Februarie 2023 09:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20786
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kommapunt.
'n Kommapunt.
kommapunt
Afbreking: kom•ma•punt
Samestelling: komma + punt


Selfstandige naamwoord: kommapunt
Meervoud: kommapunte
Verkleinwoord: kommapuntjie
Meervoud van verkleining: kommapunttjies

Betekenis:
• 'n Leesteken in die vorm van 'n punt bo-op 'n komma, hoofsaaklik in reekse en lyste gebruik.

Gebruik:
• Die kommapunt word teenaan die voorafgaande woord geskryf, gevolg deur 'n spasie.
Kommapunte kom in die middel van sinne voor, en word nie deur 'n hoofletter gevolg nie (met die uitsondering van eiename).

Hiperoniem:
• leesteken

Vertaling:
Engels: semicolon
Nederlands: kommapunt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pateet
Volgende onderwerp: patetiek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 12:05:22 MGT 2024