Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kommapunt
kommapunt [boodskap #141198] Ma., 27 Februarie 2023 09:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26676
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Kommapunt.
'n Kommapunt.
kommapunt
Afbreking: kom•ma•punt
Samestelling: komma + punt


Selfstandige naamwoord: kommapunt
Meervoud: kommapunte
Verkleinwoord: kommapuntjie
Meervoud van verkleining: kommapunttjies

Betekenis:
• 'n Leesteken in die vorm van 'n punt bo-op 'n komma, hoofsaaklik in reekse en lyste gebruik.

Gebruik:
• Die kommapunt word teenaan die voorafgaande woord geskryf, gevolg deur 'n spasie.
• Kommapunte kom in die middel van sinne voor en word nie deur 'n hoofletter gevolg nie (met die uitsondering van eiename).

Hiperoniem:
• leesteken

Vertaling:
Engels: semicolon
Nederlands: kommapunt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pateet
Volgende onderwerp: patetiek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Sep. 30 00:58:32 UTC 2026