Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Hasie - Al Debbo
Hasie - Al Debbo [boodskap #141052] Wo, 08 Februarie 2023 06:37
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid


Jou bruinoog nooi, jou donkerkop,
jou pannekoek, jou lolliepop.
Jou toetsie-toet, jou sonnestraal,
vir jou kom ek nog haal.
Jou suikerriet, jou witbeskuit,
jou meebosstroop, jou moskonfyt.
Jou heuningnes, jou vleispastei,
vir jou wil ek nog kry.

REFREIN:
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Wat het van jou stertjie geword?

Jou appeltert, jou mielieblaar,
jou tortelduif, jou koringaar,
Jou sak vol goud, jou diamant,
O, ek is aan die brand.
O, dadelpit, jou suikerbos,
jou soetpatat, jou kerriekos,
Jou lekker ding, jou hartedief,
vir jou is ek so lief.

(REFREIN)

Jou spinnekop, jou akkedis,
jou sprinkaanvoƫl, jou koue vis,
Jou bitterwyn, jou pruttelaar,
ek slaan jou inmekaar.
Jou pikswart slang, jou suurlemoen,
jou heksekind, jou skerpioen,
Jou krokkedil, jou wilde hen,
jou liefde wil ek wen.

(REFREIN)
Vorige onderwerp: Nuwe Afrikaanse liedtjie - Lapper
Volgende onderwerp: Bernice West - Lyfie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 23:25:10 MGT 2024