wolkbreuk [boodskap #140851] |
Tue, 17 January 2023 14:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20970 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wolkbreuk
Afbreking: wolk•breuk
Samestelling: wolk + breuk
Selfstandige naamwoord: wolkbreuk
Meervoud: wolkbreuke
Verkleinwoord: wolkbreukie
Meervoud van verkleining: wolkbreukies
Betekenis:
• 'n Hewige reënbui wat tot oorstromings lei (tegnies, 'n reënstorm met meer as 100 millimeter neerslag per uur).
Gebruik:
• Die wolkbreuk het verskeie fratsvloede veroorsaak en groot skade aan infrastruktuur aangerig.
Sinoniem:
• oorstroming
• reënvloed
• stortreën
• stortvloed
Hiperoniem:
• reënbui
Vertaling:
Engels: cloudburst, rupture of clouds
Nederlands: wolkbreuk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|