voorspeler [boodskap #140227] |
Sun, 11 September 2022 19:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
voorspeler
Afbreking: voor•spe•ler
Samestelling: voor + speler
Selfstandige naamwoord: voorspeler
Meervoud: voorspelers
Verkleinwoord: voorspelertjie
Meervoud van verkleining: voorspelertjies
Betekenis:
• 'n Speler wat voor (in die voorste linies) speel.
Gebruik:
• 'n Rugbyspan het 8 voorspelers, nl. die loskopstut, haker, vaskopstut, linkerslot, regterslot, linkerflank, regterflank en agsteman.
Antoniem:
• agterspeler
Afgelei:
• buitevoorspeler
• flankvoorspeler
• kantvoorspeler
• loskopvoorspeler
• losvoorspeler
• slotvoorspeler
• vaskopvoorspeler
Vertaling:
Engels: forward player
Nederlands: voorspeler
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|