Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » hoekom ek my God
hoekom ek my God [boodskap #140139] Di, 30 Augustus 2022 19:16
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
hoekom ek my God
U het my onwetend
vir soveel jare uitgespaar
om na my gesin om te sien
en te ervaar hoe my pragtige dogters volwassenes word
terwyl ek saam met my ewe pragtige vrou na die daaglikse sonsondergang mag kyk

ek het so baie foute
en het U al soveel kere in die steek gelaat
ek het al baie die verkeerde voetpad vanuit U lewenspad geneem
maar U het vir my kom kies

wat kan ek doen om U te bedank
want in enige taal klink "baie dankie" ook maar net soveel
hoewel ons baie meer daarmee wil sê

gebruik my waar U my mag nodig hê om U werk hier op aarde te doen
Vorige onderwerp: om 'n gedig te skryf
Volgende onderwerp: trane uit die lug
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 04:08:27 MGT 2024