Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » knapsekêrel
knapsekêrel [boodskap #140099] Fri, 26 August 2022 09:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20989
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Knapsekêrels
Knapsekêrels
knapsekêrel
Afbreking: knap•se•kê•rel


Selfstandige naamwoord: knapsekêrel
Meervoud: knapsekêrels
Verkleinwoord: knapsekêreltjie
Meervoud van verkleining: knapsekêreltjies

Betekenis:
• Die wewenaar (Bidens pilosa), 'n eenjarige onkruid met geel blommetjies.
• Die stekelrige sade van die plant wat aan wol en klere vassit.

Gebruik:
• Die knapsekêrel is 'n eetbare plant en soldate het dit o.a. tydens die Viëtnamese Oorlog genuttig.
• Hy trek die knapsekêrels uit sy kouse uit.

Sinoniem:
• duiwelsvurk
• klits
• klitsgras
• wewenaar

Vertaling:
Engels: black-jack, devil's needles, beggarticks, cobbler's pegs
Nederlands: knapsekêrel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: glottofagie
Volgende onderwerp: kondukteur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 16:22:32 UTC 2025