lommer [boodskap #140097] |
Thu, 25 August 2022 18:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lommer
Afbreking: lom•mer
Selfstandige naamwoord: lommer
Meervoud: –
Betekenis:
• Die blare van 'n boom of struik.
• Die skaduwee wat die blare gooi.
Gebruik:
• Die wind ritsel deur die lommer.
• Ons rus lomerig in die lommer van die boom.
Sinoniem:
• blare
• gebladerte
• lower
• koelte
• skadu
• skaduwee
Afgelei:
• lommeragtig
• lommerryk
Vertaling:
Engels: foliage; shadow, shade
Nederlands: lommer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|