eenbedryf [boodskap #139990] |
Mon, 15 August 2022 19:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
eenbedryf
Afbreking: een•be•dryf
Samestelling: een + bedryf
Selfstandige naamwoord: eenbedryf
Meervoud: eenbedrywe
Verkleinwoord: eenbedryfie
Meervoud van verkleining: eenbedryfies
Betekenis:
• 'n Korterige toneelstuk of opera wat uit een bedryf (akte) bestaan.
Gebruik:
• 'n Eenbedryf word nie vir 'n pouse onderbreek nie.
Sinoniem:
• eenakter
Vertaling:
Engels: one-act play
Nederlands: eenakter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|