Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sot
sot [boodskap #139986] Mon, 15 August 2022 14:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
sot
Afbreking: sot


Selfstandige naamwoord: sot
Meervoud: sotte

Betekenis:
• 'n Dom persoon; iemand wat klaarblyklik nie baie slim is nie.

Gebruik:
• Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig. [Spreuke 17:28]

Sinoniem:
• domkop
• dwaas
• esel
• gek
• idioot
• imbesiel
• swaap

Vertaling:
Engels: fool, idiot
Nederlands: zot


Byvoeglike naamwoord: sot
Vergrotende trap: sotter
Oortreffende trap: sotste

Betekenis:
• Wat oënskynlik oor min verstand en oordeel beskik.

Gebruik:
• Die een is sotter as die ander.

Sinoniem:
• sotlik

Afgelei:
• sotheid
• sotterny

Vertaling:
Engels: mad, crazy, foolish
Nederlands: zot

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: anorak
Volgende onderwerp: sotterny
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 07:59:50 UTC 2025