Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verset
verset [boodskap #139912] Tue, 09 August 2022 17:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
verset
Afbreking: ver•set


Werkwoord: verset
Verlede tyd: het verset

Betekenis:
• Om weerstand teen iets te bied; in opstand kom; teenstand bied.

Gebruik:
• In die woestyn het die hele volk hulle teenoor Moses en Aäron begin verset. [Eksodes 16:2]

Vertaling:
Engels: to resist, stand up to
Nederlands: verzetten


Selfstandige naamwoord: verset
Meervoud: versette

Betekenis:
• 'n Protes of opstand teen iets.

Gebruik:
• Ondanks Julius Caesar se gematigde optrede het die verset teen hom toegeneem.

Afgelei:
• versetbeweging
• versetgroep
• versetpleging
• versetstryder

Vertaling:
Engels: resistance
Nederlands: verzet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: poniestert
Volgende onderwerp: haarwurm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 07:47:36 UTC 2025