Betekenis:
• 'n Bondel hare wat hoog teen die kop saamgebind is sodat dit teen die nek afhang.
• Die stert van 'n ponie; perdestert.
Gebruik:
• Die meisie se poniestert wip in alle rigtings soos sy oor die veld hardloop.
• Die ponies se poniesterte word voor die vertoning pronkerig opgebind.