Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » skrikkeldag
skrikkeldag [boodskap #139881] Sa, 06 Augustus 2022 06:59
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
terwyl ek so deur my dagboek blaai
kom ek uit by hierdie bygevoegde dag
die nege-en-twintigste februarie
skielik besef ek dat ek vier lange jare vir die volgende een moet wag

dit maak van hierdie dag ‘n besondere een
want daar is nie so ‘n dag in volgende jaar
en ook nie in die twee wat daarop volg
ek hoop ek word nog so lank gespaar

sodat ek met die volgende een
‘n terugblik oor my lewe kan kry
om te sien in watter opsig dit verander het
en waar het dit dieselfde gebly

elke dag is so ‘n dolle gejaag
daar is net nie genoeg tyd om rustig te beplan
en daarom wil ek hierdie dag benut
as die begin van my volgende vierjaarplan
Vorige onderwerp: tweegesprek
Volgende onderwerp: om mamma en pappa te mag sê
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 23:53:11 MGT 2024