Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » drankoffer
drankoffer [boodskap #139861] Wed, 03 August 2022 19:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Voorstelling van 'n rituele drankoffer.
Voorstelling van 'n rituele drankoffer.
drankoffer
Afbreking: drank•of•fer
Samestelling: drank + offer


Selfstandige naamwoord: drankoffer
Meervoud: drankoffers
Verkleinwoord: drankoffertjie
Meervoud van verkleining: drankoffertjies

Betekenis:
• Drank (meestal wyn) wat as offer op 'n altaar uitgegiet word.

Gebruik:
• Saam met elke lam wat as brandoffer of ander diereoffer gebring word, moet jy 'n liter wyn as drankoffer aanbied. [Numeri 15:5]

Sinoniem:
• libasie
• plengoffer

Vertaling:
Engels: libation
Nederlands: plengoffer, libatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: essensieel
Volgende onderwerp: opgee
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 07:58:09 UTC 2025